Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Landbouweekblad

Apr 17 2025
Magazine

Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Landbouweekblad

[IN ’N BLIK]

Stories wat in die landbou saak maak

Trump-tariewe: ‘Swarigheid lê voor’

‘Ek maak voorspellings, nie beloftes nie’ • Dat Vox Weather se eerste seisoenale weervoorspelling op Landbou.com meer as 500 000 keer gekyk is, bewys dat beter weervoorspellings vir mense — maar veral vir boere — van waarde is, sê die weeraanbieder en meteoroloog Annette Botha.

Arm raak is nie vir sissies nie

Briewe • POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com

Tariewe se stadige gif

Trump-tarief: ‘SA reaksie moet weldeurdag wees’ • Suid-Afrika se reaksie op pres. Donald Trump van Amerika se invoertarief van 31% vir Suid-Afrikaanse produkte moet deurdag en kalm wees, sê ’n handelsraadgewer. (Die Withuis het sedert die aanvanklike aankondiging van die 30%-tarief gesê dat dit eintlik 31% is.)

‘Gatslag vir sitrusuitvoer’ • “Dis ’n gatslag,” sê ’n uitvoerder van sitrusvrugte in die Wes-Kaap oor die 31%-invoertarief van pres. Donald Trump van Amerika.

Amerika dalk hoendervoordele kwyt as SA Agoa-voordele verloor • Die nuwe invoertarief wat Amerika op Suid-Afrikaanse produkte hef, vee enige voordele van die Amerikaanse wet op groei en geleenthede in Afrika (Agoa) van die tafel af. Dit beteken dat Suid-Afrika nie meer ’n tariefkwota-toegewing vir Amerikaanse hoendervleis hoef te maak nie.

Wyn: Groot kommer oor belangrike mark

‘Te vroeg vir paniek’ – makadamia-uitvoerders

Nat toestande ‘het potensiaal om ramp te word’ • Boere in veral die Oos-Vrystaat, Mpumalanga en KwaZulu-Natal wag op hete kole vir reënweer om op te klaar en landerye om af te droog sodat hulle sojabone en vroeë mielies kan stroop.

Reën bring plek-plek lafenis in Namibië • Goeie reën het verligting gebring in sommige dele van Namibië wat deur jare se versengende droogte geteister is, maar op ander plekke is dit nog bitter droog en boere beleef ramptoestande.

Monitor damme in winterreënstreek fyn • Watergebruikers in die winterreëngebied word gewaarsku dat ondergemiddelde reënval in die komende winter moontlik is, wat in die komende seisoene probleme met watervoorraad kan veroorsaak.

Kommer oor stygende oorhoofse koste • Die ontleding van boerderykostedata in die wintergraangebiede toon dat die bydrae van oorhoofse koste tot die totale koste bly styg. Dit hou verreikende gevolge vir winsgewendheid in en is iets wat boere met ’n fyner oog moet dophou, sê ’n kenner.

Biosekerheid: Kansvatters gaan hulle in Jan Nel vasloop • Pasop, kansvatters! Biosekerheid maak al dekades lank deel uit van kmdt. Jan Nel se verwysingsraamwerk, en hy is vuur en vlam om as nasionale biosekerheidsbeampte die land se veebedryf op koers te help kry en te hou. Red Meat Industry Services (RMIS) het hom onlangs aangestel.

Dokumentêr: Verbeel jou ’n wêreld sonder koeie • ’n Groot deel van die blaam vir klimaatsverandering word voor die deur van die beesbedryf gelê. In ’n nuwe dokumentêre rolprent word na die ander kant van die kwessie gekyk en daar word onder meer tot die gevolgtrekking gekom dat beeste eintlik deel van die oplossing is.

Varsprodukteverslag: ‘Nie einde van proses’

Saam met kragnetwerk ‘kan onteiening kom’ • ’n Ambisieuse plan om Suid-Afrika se elektrisiteitsverspreidingsnetwerk uit te brei, kan beduidende implikasies – soos grondonteiening, maar met vergoeding – vir die landbousektor inhou.

Groter someroeste, maar nog invoer van mielies verwag • ’n Nuwe prysdinamika vir Suid-Afrika se grane en oliesade het ontstaan,...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans